
Upcoming Events & Performances
We want you to join us this season and guarantee you will have the time of your life at our upcoming shows. Take a glance at our schedule, and be sure to get your tickets soon.

🔥🍷 WINTERFEST 2026
Pietman Geldenhuys
17 Junie - 17:00
Drostdy Teater

Pietman Geldenhuys vertel al stories van jongs af. Wat begin het met fabels het later ’n realiteit geword in die absurdhede wat hy in die praktyk ervaar het in ’n lewe op die pad saam met musikante en storievertellers. Hy deel van hierdie stories en die musiek wat hy daaroor geskryf het in die produksie Jy sal my nie glo nie, wat as deel van Drostdy Teater se Winterfees aangebied word.
Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!
Ete: 17:00 (Ingesluit)
Menu: Bees-Strogenoff, Bruinrys en Pampoenpoffertjies
Vertoning: 19:00
Kontantkroeg beskikbaar
Stuur asseblief enige dieetvereistes per e-pos na info@drostdyteater.co.za
🔥🍷 WINTERFEST 2026
Mel die Storieverteller
20 Junie - 17:00
Drostdy Teater

In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s
Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!
Ete: 17:00 (Ingesluit)
Beesvleis sosaties en cous-cous-groente medley
Vertoning: 19:00
Kontantkroeg beskikbaar
Stuur asseblief enige dieetvereistes per e-pos na info@drostdyteater.co.za
🔥🍷 WINTERFEST 2026
Hiram Koopman
23 Junie - 17:00
Drostdy Teater

Na 17 jaar wat hy professioneel saksofoon speel en die wêreld deurtoer het — van Afrika tot Amerika, Europa, Nieu-Seeland en Australië — is dit vir Hiram Koopman ’n groot voorreg om weer ’n solo-show aan te bied, na sy laaste solo-optrede in 2011. Met Sax in Afrikaans vier hy die klassieke Afrikaanse musiek waarop hy grootgeword het, wat op ’n unieke manier op saksofoon vertolk word.
Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!
Ete: 17:00 (Ingesluit)
Menu: Rafelvark, kaasrolletjie en koolwortelslaai
Vertoning: 19:00
Kontantkroeg beskikbaar
Stuur asseblief enige dieetvereistes per e-pos na info@drostdyteater.co.za
Vincent
His Quest to Love and be Loved
3 Julie - 19:00
Drostdy Teater

VINCENT, the three-time Naledi award-winning musical starring Daniel Anderson accompanied by Paul Ferreira on piano. Anderson delves deep into the enigmatic life of Vincent Van Gogh, exploring the complexities of his relentless pursuit of artistic fulfilment and genuine human connection. Through reimagined renditions of popular musical theatre, pop, rock, and jazz numbers, this unique multimedia musical cabaret offers a fresh perspective on Van Gogh’s unwavering desire for love and acceptance.
Daniel Anderson’s commanding performance takes the audience on an emotional journey through the turbulent existence of the iconic artist. From the very first note to the final chord, VINCENT immerses the spectators in a world of passion and creativity, sparking a profound connection with Van Gogh’s timeless struggles and triumphs.
VINCENT- HIS QUEST TO LOVE AND BE LOVED, a multimedia cabaret, tells of a complex man with a ruthless drive to create and a deep-seated desire to love and be loved.
Duration: 80mins
Cast: Daniel Anderson & Paul Ferreira
Director: Amanda Bothma
“(Anderson's) performance was flawless... his ability to bring the sad tale to life... has left a lasting impression.” - ELAINE CHAPMAN , THEATRE AND ARTS REVIEWS EDINBURGH
AfriFees
met die BOERS
19 September - 19:00
Drostdy Teater

Sing en dans saam met die grootste Afrikaanse liedjies van alle tye. Dis nie net vermaak nie, dis jou mense, jou taal, jou kultuur, jou fees! ’n Saamsingfees wat jou voete laat roer.
“Sarie Marais”, “Byeboerwa”, “Sarah de Jager”, “Leeuloop”, “Toeter Skoeter”, “Stukkie van der Merwe”, “Is jy bang?”, “De la Rey” en meer!
Van toeka tot nou. ’n Plesierige reis deur dekades. Kom geniet ’n aand van Afrikaanse musiek, kultuur en samehorigheid. Van die eerste noot tot die laaste refrein is jy deel van die ervaring.
Beleef Afrikaans soos nog nooit tevore nie!
🔥🍷 WINTERFEST 2026
Karen Petersen
18 Junie - 17:00
Drostdy Teater

Soms beleef ’n mens ’n talent wat só buitengewoon is dat jy van die berge af wil skreeu: Kom kyk! Kom luister! Kom beleef! Karen Petersen is so ’n talent. Van die eerste oomblik af is daar ’n gevoel dat hier iets spesiaals op pad is. Vier strykers, ’n kitaarspeler en ’n blink vleuelklavier op die verhoog.
Karen, geklee in swart, haar hare weggetrek van haar gesig en ’n bril op haar neus. Die tema van die konsert is die soeke na liefde. Hartstog. Allesoorheersend. Met jou hele hart. Van ganser harte. Maar is hierdie liefde almal beskore?
Karen begelei haarself op klavier, en met die passie in haar vertolking en die talent van stem en spel in die oortreffende trap het sy van begin tot einde die gehoor in die palm van haar hand.
Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!
Ete: 17:00 (Ingesluit)
Menu: Wildspastei, geroosterde baba aartappels en slaai
Vertoning: 19:00
Kontantkroeg beskikbaar
Stuur asseblief enige dieetvereistes per e-pos na info@drostdyteater.co.za
🔥🍷 WINTERFEST 2026
Johan Liebenberg
21 Junie - 13:00
Drostdy Teater

Johan Liebenberg, whose name is synonymous with his highly-acclaimed, sell-out Neil Diamond Tribute countrywide, is back with a nostalgic show, “Diamond & The Storytellers”, in which he paystribute to musical icons Johnny Cash, Willie Nelson, Leonard Cohen, Cat Stevens, Kris Kristofferson, Don Williams, Bruce Springsteen, Van Morrison, The Highwaymen, Garth Brooks and naturally Neil Diamond … some of them lone or solitary wolves, one-man bands, rugged individuals and an island unto themselves. The stories behind these solitary souls and others will be brought to life and beautifully portrayed in a tapestry of music by Johan Liebenberg on vocals, acoustic and electric guitar.
The audience can look forward to hits of yesteryear like “Sunday Morning Coming Down, Help Me Make It through The Night, Hallelujah, Brothers in Arms, Father and Son, My Hometown, Ring of Fire, Let Me Take You in My Arms Again, Lady Oh, America and Always on My Mind, to mention but few.
With his years of experience in the music industry, standout performer, Johan Liebenberg, will take you down this solitary road to guarantee you an evening of superb music.
Come enjoy the show as part of Drostdy Theatre's Winter Festival program!
We will light the fireplace in our “Upstage Lounge” and treat our guests to a delicious homemade meal!
Lunch: 13:00 (Included)
Menu: Cape Malay bobotie, white rice and stewed peaches
Show: 15:00
Cash bar
Please send any dietary requirements to info@drostdyteater.co.za
🔥🍷 WINTERFEST 2026
Richard van der Westhuizen
24 Junie - 17:00
Drostdy Teater

Richard van der Westhuizen is die afgelope 45 jaar of so doenig as akteur, sanger en liedjieskywer. Woensdagaand 24 Junie tree hy op in die Drostdyteater in Stellenbosch.
DIE BEENBREEK HOTEL EN ANDER VERHALE het ontstaan nadat hy gaan rondkrap het tusse al sy ou en splinternuwe liedjies en van sy persoonlike gunstelinge gekies het. Natuurlik Tussen Treine en Ballade vir ‘n Enkeling, maar ook die verhale van die arme eensaam siele soos opgeteken in die Beenbreek Hotel, die Cowboy Bar in Nababeep, Die Kokerboom Hotel, Die Elegance Go-Go Salon en natuurlik die Huisgenoot. Hy vier ook, so op sy manier, die ontstaan van Afrikaans.
So van sesuur die aand af kan julle ‘n glas goeie wyn en ‘n lekker bord kos by die Drostdyteater geniet en dan oorskuif teater toe waar hy en sy jarelange klavierspeler en vriend Andrew Roos vir julle musiek gaan maak.
Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!
Ete: 17:00 (Ingesluit)
Menu: Hoenderpastei, witrys en kerriewortelslaai
Vertoning: 19:00
Kontantkroeg beskikbaar
Stuur asseblief enige dieetvereistes per e-pos na info@drostdyteater.co.za
HALLOUW 30!
met Emily in SA
10 Julie - 19:00
Drostdy Teater

Sy sê dit soos min ander kan: “Hallouw!” – en binne sekondes lag mense saam.
Die vinnig groeiende komediant Emily de Graaf, beter bekend as Emily in SA, het onlangs bekendheid op TikTok verwerf waar sy vlam gevat het met haar kenmerkende groet en eerlike, skreeusnaakse waarnemings oor die alledaagse lewe. Haar unieke styl en relatiewe humor het haar binne ’n kort tyd ’n lojale aanhang besorg.
Na haar eerste teateroptrede einde Mei in Pretoria, vertrek Emily op ’n Wes-Kaap toer waar sy gehore gaan vermaak in onder andere Durbanville, Stellenbosch en Paternoster. Een van die hoogtepunte op die toer is haar vertoning by Drostdy Teater op 'n Vrydagaand nogals - 10 Julie 2026 om 19:00. Haar splinternuwe eenvrou-komedie show, HALLOUW 30!, is ’n eerlike en humoristiese kyk na die realiteit van dertig word – van tox en oogroompies tot dating-drama en die oomblik wanneer mense jou skielik “Tannie” noem. Met selfspot en skerp waarneming deel sy haar ervaring van grootword, identiteit en die humor wat lê in die klein, herkenbare oomblikke van die lewe. “Hallouw! Ek kan nie wag om mense live te sien lag nie – daar is net iets besonders daaraan om saam in ’n vertrek te wees en die lewe se snaaksighede te vier. Have a lekker day, bye!” sê Emily. Die vertoning is geskik vir 16+ en beloof ’n heerlike uur van eerlike, volwasse en onbevange humor.
🔥🍷 WINTERFEST 2026
Jannie du Toit
19 Junie - 17:00
Drostdy Teater

Jannie maak ‘n Kaapse draai met sy eenmanvertoning OPPIEKITAAR waarin hy net sy kitaar as begeleiding gebruik: hy sing liedjies wat hy oor die afgelope halfeeu geskryf het. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos ’n Liedjie vir jou van 1978 al bewys het, lê daardie woorde en akkoorde ook gemaklik op die “gewone” oor. Hy het in 2025 met Oppiekitaar ’n maandlange konsertreis deur die Beneluxlande onderneem en is onder andere in die Suid-Afrikahuis in Amsterdam en by Herman van Veen se Kapschuur-teater, met vol sale en staande ovasies begroet.
Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!
Ete: 17:00 (Ingesluit)
Menu: Butter chicken, kruiebroodjie en sambal
Vertoning: 19:00
Kontantkroeg beskikbaar
Stuur asseblief enige dieetvereistes per e-pos na info@drostdyteater.co.za
🔥🍷 WINTERFEST 2026
Joshua na die Reën
22 Junie - 17:00
Drostdy Teater

Ek sien baie uit om weer deel te wees van die jaarlikse Winterfees.Om met julle 'n groot deel van die hart agter my musiek te kom deel bly 'n tasbare voorreg in my lewe. Dis net ek, die Drosdty Teater se bruin vleuel klavier, en julle. Dit kan net 'n betowerende aand wees. Bring al julle liefde, dan deel ons uit aan mekaar.
Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!
Ete: 17:00 (Ingesluit)
Menu: Italiaanse hoenderporsies, knoffel aartappels en pruimedante
Vertoning: 19:00
Kontantkroeg beskikbaar
Stuur asseblief enige dieetvereistes per e-pos na info@drostdyteater.co.za
SQUASH
Jayden Dickson & Wessel Pretorius
26 - 27 Junie - 17:00
Drostdy Teater

A man falls in love with a statue. A father returns from the dead. The last two gay men on earth decide whether a relationship would be worth the trouble. A road trip with your ex-boyfriend’s mother. These stories all form part of a lovingly satirical look at the experiences of gay men who had to grow up listening to Steve Hofmeyer. Squash is a translation of the award-winning comedy “My Hart is ’n Muurbal.”
Written and directed by Wessel Pretorius
Conrad Koch’s
CHESTER’S GOT TALENT
18 September - 19:00
Drostdy Teater

Imagine a talent show, just for puppets? The stakes are high as internationally acclaimed South African ventriloquist Conrad Koch wants his puppets to compete to be the very best, but that pariah, Chester Missing, never does what he is told. Chester spits the honest unfiltered truth. Laugh your choochas off at Gunter the German mosquito, Hilton the dramatic ostrich, DJ Hoodie the puppet who actually DJs, Mr Dixon the high school teacher, and a surprise guest star as they fight it out. The best part is that you, the audience, get to judge as each puppet makes Conrad’s problems worse. A hilarious night out for the whole family.
“Fiercely intelligent… Frenzied Hilarity” The List, UK
“my face hurt from laughing so hard” Canadian Broadcast Corporation
“Hilarious” Mail & Guardian
