Drostdy Teater, geleë in die hartjie van Stellenbosch, bied tweehonderd-en-veertig sitplekke vir 'n intieme ervaring tussen kunstenaar en gehoor.

Gaste word genooi om hiér van die mees talentvolste musikante, woordkunstenaars en akteurs, met 'n tikkie nostalgie,  te kom ervaar en geniet. Ingrid Howard (eienaar) se passie en liefde vir musiek, teater en mense is die fondasie waarop die teater staan.  Sy is vir die afgelope 30 jaar al by verskeie televisie- en verhoogproduksies betrokke. Hano Smit, alombekende en gerespekteerde tegniese spesialis, tree as ʼn gewaardeerde vennoot tot die teater toe. Die Drostdy-teater is in die historiese Drostdy-sentrum, 'n gebou wat jare terug as herberg en hotel gedien het, geleë. Neem die ingang vanuit Alexanderstraat en word begroet deur 'n indrukwekkende stel trappe wat lei na 'n wonderwêreld van woord en klank. Alhoewel die teater ingerig is vir gaste met rolstoele, beskik die sentrum nie oor ‘n huisbak of oprit nie. Die Drostdy-teater-span help graag gaste wat bystand sal benodig om by die trappe op te kom.

Ontmoet die span

Ingrid Howard

Uitvoerende Direkteur

 

 

Hano Smit

Tegniese Direkteur

 

 

Ané van den Berg

Bestuurder

 

 

Lezelle Howard

Kunshoof

 

 

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle