NO LIVE SHOWS - Until further notice

The Drostdy Theatre draw their curtains for a while


While enjoying the shows at the 2020 Toyota Woordfees, no one thought that these would be the last live theatre-productions to be seen on stage for a while. But then one realises that theatre has and will survive any crisis as man cannot live without this make-believe world that only last till the curtain closes. Noel Coward underlines this: The theatre is a wonderful place, a house of strange enchantment, a temple of illusion”.  A theatre building is like a wonderful warm coat that keeps the musicians, the clown, actors, magicians, poets, the dancer and singer, the author and technical staff comfortable and safe to enchant, mystify and inspire the audience and make them think, laugh and cry. From the moment the house lights dim, and the curtain opens until the close of the curtain, there is an appreciation of a once in a lifetime experience.  This is underlined by Dr PG du Plessis’s quote: “The value of everything on earth is determined by how temporary and fragile everything is". In solidarity with the worldwide crisis and effort to contain the Covid-19 pandemic, the Drostdy Theatre decided to take the responsible decision to close the theatre to the public till after Easter weekend or till further notice. (Please stay in contact on our Facebook, Website, Twitter and Instagram) John Steinbeck once said: “The theatre is the only institution in the world which has been dying for four thousand years and has never succumbed. It requires tough and devoted people to keep it alive.” The Drostdy Theatre opened its doors five years ago to create a platform for the arts and we realise what it means to withdraw this stage for the next few weeks. That is why the Drostdy Theatre and devoted people to theatre are trying to find a way to bring theatre to the loyal audiences on a different level to try and keep theatre “alive”. We wish all our theatre friends, sponsors to the arts, all creative and determined artists and technical staff good luck and thank them for bringing joy into our lives. You help the arts to flourish and stay alive no matter what..... May we support one another in these difficult times. Until we meet again - Long live the arts!! Drostdy Theatre greetings



Ons hang ons teaterjas slegs vir 'n wyle op

Wie  sou ooit kon raai dat ons met die afgelope wonderlike Toyota Woordfees die laaste  REGTE teater-produksies vir ʼn wyle beleef het? Maar dan troos ‘n mens jouself met die wete dat teaters steeds oor duisende jare om verskeie redes oorleef het:  Die mens kan nie van die behoefte aan hierdie kamma-wêreld van misterieuse wegvoering, vermaak en buitengewone eiesoortige en eenmalige ervaring ontsnap nie. Noel Coward som dit goed op: “The theatre is a wonderful place, a house of strange enchantment, a temple of illusion”.  ‘n TEATERGEBOU is soos ‘n veilige jas waarbinne die gehoor, die musikant, die nar, die akteur, die kulkunstenaar, die digter, die danser en die sanger, die skrywer en tegniese personeel knus gekoester en beskerm word om sodoende met hul talente gehore mee te voer, te inspireer, te laat wonder, laat lag en huil en betower. Van die oomblik dat die gordyn lig totdat dit sak is dit wat jy op die verhoog sien en ervaar broos, waar, eerlik en verganklik en is jy elke sekonde deel van ʼn unieke een-maal-in-ʼn-leeftyd ervaring. Na elke teater-ervaring van storie/musiek word dit slegs ʼn herinnering sonder enige tasbare verwysing. Dr. PG du Plessis se wyse woorde onderstreep dit: “Verganklikheid bepaal die kosbare waarde van alles op aarde”. Binne die huidige wêreldwye-krisis van die Covid-19 pandemie, moes ons hier by die Drostdy-teater die verantwoordelike besluit neem om tot na Paasnaweek of tot verdere kennisgewing ons teater-jas vir ʼn wyle vir die publiek op te hang. (Hou asseblief ons Webwerf, Facebook, Twitter en Instagram dop vir die nuutste inligting) John Steinbeck het gesê: “The theatre is the only institution in the world which has been dying for four thousand years and has never succumbed. It requires tough and devoted people to keep it alive.” Die Drostdy-teater het ontstaan om ʼn platvorm vir die kunste te skep en daarom weet ons wat dit beteken om hierdie noodsaaklike platvorm vir ʼn wyle te moet sluit.  Ons het die afgelope paar dae met verskeie mense koppe bymekaar gesit om kreatief te dink oor hoe om prakties te help om  teater gedurende hierdie tyd “lewendig” te hou. Baie sterkte en baie dankie aan al ons teater-vriende, die borge en al die kreatiewe en kopkrappende gedetermineerde mense in hierdie noodsaaklike bedryf.   Julle help om steeds te verseker dat die kunste aanhou groei en vooruit gaan ten spyte en ten koste van....  Mag ons ook mekaar ondersteun in hierdie tydperk van onsekerheid en finansiële implikasies wat daarmee gepaard gaan. Tot ons weer ontmoet: Lank lewe die kunste! Drostdy-teater-groete



Gewilde Plasings
Onlangse Plasings

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za