October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Danneline Ramsden - Xhoulag

October 16, 2017

Danneline laat tonge klap met Namakwalandse stories

 

 

’n Namakwalander wat reeds langer as ’n dekade op Stellenbosch woon en werk, bied op Vrydag, 3 November haar eerste storievertel-produksie, Xhoulag, by die Drostdy-teater op die dorp aan.

 

Danneline Ramsden, wat oorspronklik van Komaggas in die Noord-Kaap is, droom al jare lank van ’n produksie waarin sy die stories kan vertel van die sout van die aarde-Namakwalanders wat haar karakter help vorm het. Nou is dié droom bewaarheid in ’n eenmalige sang- en woordkuns-vertoning.

 

Die Namakwalanders sê jy “xhoulag” as jy uit jou maag lag, en Ramsden belowe om mense op ’n uurlange storievertel-reis te neem wat jou sal laat lag en selfs ’n traan sal laat wegpink. Sy gaan in egte Komaggas-styl verskeie kerk-, kombuis- en hospitaalstories vertel – baie daarvan op eie ervaring geskoei.

 

“Soms moet ek myself kielie om seker te maak dis nie ’n droom nie nie. Ek het net een doel – om mense te laat xhoulag terwyl ons saam deur my hartland reis,” sê die 44-jarige Ramsden, wat ’n deeltydse ontvangs- en administratiewe assistent by die VCSV is.

 

 

In die tradisie van wyle Tolla van der Merwe, aan wie se lippe Danneline as kind gehang het, laat sy behoorlik die tonge klap as ’n nuwegeslag-storieverteller en woordkunstenaar. Sy is ’n gereelde gas op verskeie radio- en TV-programme, en maak juis later vanjaar ’n gasverskyning in kykNET se Oppiestoep-program waar sy haar stories aan die bekende Andries Vermeulen en Pietman Geldenhuys vertel. Dié TV-episodes is onlangs in die Paarl opgeneem.

 

Ramsden wil nie te veel oor haar produksie verklap nie, maar sê wel dat sy van haar gewilde “broustories” gaan vertel. Om te “brou” is die Namakwalandse sêding vir koffiemaak, en sy beloof om mense te laat skaterlag met onder meer stories oor Ouma Eva se xhamkoe-brou en die Kommegas-crèche.

 

Xhoulag fokus op Danneline as sanger en storieverteller – ’n kuns wat byna uitsluitlik deur Afrikaanse mans gedomineer word. Mense kan ook uitsien na liedjies oor Namakwaland deur Ramsden asook Marthie Nel Hauptfleisch, wat haar musikaal gaan begelei.

 

Kaartjies vir die vertoning wat om 20:15 begin, kos R120 en is beskikbaar by Computicket en alle Shoprite- en Checkers-winkels. Vir nog inligting besoek www.drostdyteater.co.za.

 

__________________________________________________________________________________________

3 November 2017

20:15

R120 per kaartjie

Besprekings by: http://online.computicket.com/web/event/xhoulag_met_danneline_ramsden/1193020458/ 

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle