October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Luca Hart

October 4, 2017

Die Drostdy teater verwelkom graag Kaapse violis/liedjieskrywer Luca Hart na hul verhoog vir ’n opwindende eerste optrede. Gehore regoor Kaapstad is al betower deur haar kragtige solo vertoning, waarin sy verstommende vioolspel en film-agtige komposisies saamsmelt, en selfs in kaberet styl kan sing oor die lewe en liefde. Luca is bekend vir haar onafhanklikheid in die musiekbedryf, en het haar debuut album “Ebb & Flow” self komponeer, opgeneem, redigeer en ontwerp. Sy sal hierdie liedjies, en ’n paar splinternuwes, by die bekende Stellenbos teater optree, met tjellis Ariella Caira wat by haar aansluit. Wees reg vir ’n musikale vertoning uit die boonste rakke, wat die luisteraar tegelyk sal vermaak en meevoer!

 

 

Luca Hart het weggestap by Stellenbosch Universiteit met ’n cum laude graad in Musiektegnologie en Viool. Terwyl sy meriete beurse ontvang en orkeslid is, begin sy ook haar eie musiekgroep, LUMA, wat in 2011 Maties Talent wen. Sy komponeer al egter van ’n jong ouderdom, en is nog altyd gefassineer deur elektroniese klanke en hoe dit gebruik kan work om die “klassieke viool” ’n sterker stem te gee. Luca se vertoning sluit dikwels ’n interessante kombinasie van kaberet liedjies, begelei op viool of klavier, en filmmusiek-agtige komposisies, wat sy op die viool speel met elektroniese begeleiding. Haar klassieke agtergrond bly merkwaardig hoorbaar in tegniek en selfs komposisie.

 

 

As ’n “eenmanmusikant” doen sy alles self, van komposisie, tot opnames, produksie, bemarking, redigering en optrede. Luca het al viool gespeel vir Spoegwolf, Hatchetman, Matinino, Mr Cat and the Jackal, Crimson House, Gerhald Clark, Ann Jangle en Arno Carstens, om ’n paar te noem. Luca gee ook viool-, en teorielesse, en doen klankingenieur en ontwerp vryskutwerk in Kaapstad.

 

__________________________________________________________________________________________

12 Oktober 2017

20:15

R120 per ticket

Bookings at: info@drostdyteater.co.za or 087 943 2459

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle