October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Drostdy Teater Skatkis - Urs de Swardt

July 19, 2017

Graad 11 en 12 leerders wat op die Eikestad skoolgaan kan nou ‘n gratis vertoning by die Drostdy Teater op Stellenbosch bywoon. Leerders wat aan die projek deelneem skryf oor hul ervaring van die produksie en die teater. Dit sal dan op die teater se webtuiste (www.drostdyteater.co.za) en sosiale-mediarekeninge geplaas word.
 
Drie leerders het op 1 April die produksie Vier Seisoene Twee Kontinente (met Belgiese kunstenaar Hannelore Bedert en Suid-Afrikaanse kunstenaars Gloria Bosman, Hilandi du Toit en Matthys Maree) bygewoon.

 

Urs de Swadt het vir ons sy skatkis brief gestuur:

 

Vier Seisoene was vir my fantastiese belewenis. Dit het my laat dink aan 'n paar goed wat ek later sal bespreek, en ek dink dít is die doel van kuns: om mens te laat dink (in watter vorm dit okal is). 

 

Ek is mal oor byna alle vorme van kuns. Ek sing in die koor en sanggroep by Paul Roos en het onlangs begin met klassieke sang. Twee van my stokperdjies is fotografie en bonsai. My ma is 'n komponis en het my al van 'n jong ouderdom bloot gestel aan die teater. Toe ek in die teater gesit het by Vier Seisoene het ek hieraan gedink: dis 'n jammerte dat alle kinders, veral seuns, nie die regte blootstelling kry aan kuns nie. Dit bring my tot my volgende punt: die norm van 'n tiener se musieksmaak. 

 

Ek sal op my hande kan tel hoeveel seuns in my graad so 'n opvoering werklik sal waardeer vir wat dit werd is. Dit maak my hartseer dat ware musiek afgeskeep en selfs sleg gesê word terwyl "doef-doef" "musiek" geprys word. 

 

 

Ek het verskriklik baie gehou van die gevoel ("vibe") voor- en na die opvoering. Dit was gesellig en ek het gemaklik gevoel. Ek sal verseker 5 fliekkaartjies inruil vir 1 kaartjie teater toe. 

 

Op 'n meer tegniese noot, het ek die musieksmaak baie geniet. Die Vier Seisoene se vier stemme het 'n interessante, mooi mengsel gemaak. Gloria Bosman was natuurlik uiters vermaaklik, veral omdat ons koor begeleier altyd vir ons sê ons mag nie sing soos sy doen nie (en dan te maak asof hy sy is), om haar dan in persoon te hoor en sien. 

 

Baie dankie vir die geleentheid, ek het dit vreeslik geniet.  

 

Groete,

 

Urs de Swardt

 

 

Ken jy 'n graad 11 of 12 leerder wat wil deelneem? Kontak vir Stefan by stefan@drostdyteater.co.za.

 

 

 

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle