October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Jaco Blomerus - Kartelkring

May 24, 2017

“Kartelkring” is voorwaar ‘n unieke samestelling en produk waarin twee kunsvorme meesterlik vervleg.  Die lirieke daarvan kom uit die nuutste digbundel “Aard” van Francis Grobler.  Blomerus kwyt hom uitstekend van sy taak en lewer ‘n resultaat waar woordkuns vlerke kry onder die klawers en sy bekwame toonsettings.  Dit is ‘n besonderse samestelling van binneklanke wat wissel tussen klassiek en swaar; intens-dramaties dog spelig-lig en raak verskeie aspekte van die “kartelkringe” in die see van die lewe aan.

 

 

Alle instrumente oorspronklik opgeneem deur van die land se voorste musikante:  Denny Lalouette (baskitaar), Douw Steyn (akoestiese kitaar), Mauritz Lotz (elektriese kitaar), Miro Chakaryan en Evert van Niekerk (viool), Jean-Louise Moolman (altviool), Susan Mouton (tjello), Brian Smith (saksofoon), Philip Cox (trompet) en David Klassen (dromme).  Die opnames en meestering is behartig deur Douw Steyn van SON Recordings.  Die voortreflike bladontwerp dra finaal by tot hierdie unieke produk.

 

“Kartelkring” word bekend gestel by Drostdy Teater in Stellenbosch op 30 Mei 2017.  Blomerus skuif self agter die klavier se klawers in en deel die verhoog met Petrus de Beer (viool), Emile de Roubaix (altviool), Anjulie Nock (tjello), Hilandi du Toit (kitaar), Shaun Johannes (baskitaar) en Barry van Zyl (tromme).

 

Jaco Blomerus, ‘n gebore Sutherlander, was reeds sedert ‘n vroeë ouderdom ‘n uitblinker in sy musiekstudies in Worcester.  Teen die einde van Matriek verlaat Blomerus die natuurgetrouheid en eenvoud van die platteland om hom te kwalifiseer as klankingenieur in Kaapstad.  Hy bevind homself later in Engeland, waar hy onder meer`n African Church koor begelei en verrras verder met sy musikale vakmanskap deur 18 oorspronklike toonsettings van Antjie Krog se eerste gedigte.

 

Na Blomerus se terugkeer na Suid-Afrika skryf hy in as mediese student aan die Universiteit van Stellenbosch.  Hier leef hy vir die eerste keer sy veelsydige passies vir die lewe uit.

 

 

Reeds op die ouderdom van 19 maak die jong Blomerus sy solo-debuut by die Dorpstraatteater in Stellenbosch met `n vertoning van 26 liedjies wat wissel van bekende Afrikaanse treffers tot die tegnies uitdagende klavier-en-sangkombinasies van Billy Joel.  Sy besondere vermoë om sy tenoorstem te kombineer met die grasie van sy klavierspel bring ‘n vars nuwe musiekstandaard na die verhoog.  Blomerus se musiek is inderdaad eg en pretensieloos met ‘n deurdringendheid wat jou bybly.

 

Blomerus leef sy musiek sonder voorbehoud uit en die rou betekenis agter woorde word verklap in die intensiteit van die skitterende vertolking daarvan.

 

Dit is juis hierdie unieke aanslag wat gelei het tot ’n versameling opvoerings van “Sonder Begeleiding – Jaco Blomerus sing Antjie Krog se eerste gedigte“, ‘n produksie wat sy baie suksesvolle debuut gemaak het by ABSA KKNK 2008 en herhaalde kere staande applous verdien het.  Enkele kommentaar rakende dié merkwaardige vertonings:

 

“Jaco Blomerus het my meer as net verras met sy toonsetting en vertolking van Antjie Krog se Eerste Gedigte. Afgesien daarvan dat hy strelend op die oog en die oor is, skep hy feitlik ’n nuwe musiek genre met eietydse ritmes wat sterk steun op klassieke invloede én ’n eie individualiteit openbaar. Dit is duidelik dat Jaco nie agter die stroom aanswem nie. In sy sang dra hy oor, nie voor nie. As hy die ongerepte eerlikheid in sy werk behou, gaan hy ’n ver pad stap in die musiekbedryf.”  Wim Vorster, Outeursregadministrasie, DALRO

 

“Jaco Blomerus se werk is deurtrek van hoop en verwagting..... Jaco se Antjie-songs is klanke wat nog nooit vantevore in Afrikaans gehoor is nie. Sy werk is in dieselfde kraal as Chris Chameleon se Ingrid Jonker verwerkings, Breyten Breytenbach se ‘Lady One’ en Laurinda Hofmeyr.” Johan Grobler, skrywer, Kaapstad

 

 

Gedurende die volgende ses jaar se tydrowende mediese studies is tyd ‘n luukse en musiekmaak min.  Dit demp egter nie sy kreatiwiteit oor die klawers nie en weereens verras Blomerus met sestien digtoonsettings van die digteres Francis Grobler.  Hierdie liedere word meesterlik verwerk deur Clinton Zerf.  Aan die einde van Desember 2016 stel Blomerus sy album “Kartelkring” vry met dertien van hierdie uitsonderlike treffers, asook ‘n musiekvideo van een van die albumsnitte “Saartjie” (sien www.youtube.com/watch?v=7A647p3ttDg ).  Dit is gedurende hierdie tyd dat hy kwalifiseer as onafhanklike mediese praktisyn.

 

Alle instrumente oorspronklik opgeneem deur van die land se voorste musikante:  Denny Lalouette (baskitaar), Douw Steyn (akoestiese kitaar), Mauritz Lotz (elektriese kitaar), Miro Chakaryan en Evert van Niekerk (viool), Jean-Louise Moolman (altviool), Susan Mouton (tjello), Brian Smith (saksofoon), Philip Cox (trompet) en David Klassen (dromme).  Die opnames en meestering is behartig deur Douw Steyn van SON Recordings.  Die voortreflike bladontwerp dra finaal by tot hierdie unieke produk.

 

“Kartelkring” is beskikbaar op iTunes, Google Play Music en CD Baby.  Harde kopieë kan bestel word by pjblomerus@gmail.com 

 

Jaco Blomerus skakels:

Webtuiste: https://pjblomerus.wixsite.com/jacoblomerus 

 

__________________________________________________________________________________________

30 Mei 2017

20:15

R100 per ticket

Bookings at: info@drostdyteater.co.za or 087 943 2459

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle