October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Vier Seisone - Twee Kontinente

April 19, 2017

met Belgiese sanger-liedjieskrywer Hannelore Bedert en

Suid-Afrikaanse kunstenaars Gloria Bosman en Hilandi du Toit

begelei deur musikant en musikale regisseur Matthys Maree op klavier.

 

 

Belgiese sanger-liedjieskrywer Hannelore Bedert kom terug na Suid-Afrika vir ‘n eenmalige optrede saam met sangeres Gloria Bosman en sanger-liedjieskrywer Hilandi du Toit by Drostdy Teater in Stellenbosch op Saterdag, 1 April. Musikant Matthys Maree begelei die groep met klavier en is ook die musikale regisseur van die vertoning wat deur Ingrid Howard van Tale Be Told-produksies vervaardig word.

 

Twee verskillende wêrelde, Belgiё en Suid-Afrika, ontmoet in die Kaapse Wynland. Vier Seisoene, Twee Kontinente, ‘n multikulturele produksie, beeld die verskeie seisoene of stadiums van die lewe uit. Vervaardiger Ingrid Howard het die kunstenaars Gloria Bosman, Hannelore Bedert en Hilandi du Toit saamgeroep om meestal musiek uit hul eie pen in sang, op klavier, akkordeon en kitaar met die baie bekende Matthys Maree as hul musiekregisseur te vertolk.

 

“Vier uiters talentvolle musici, vanuit twee kontinente, deel elk hul eie lewens-seisoene met die gehoor. Persoonlike grense word oorgesteek om ʼn besonderse ervaring in hierdie musiekproduksie aan die gehoor te bring,” sê Howard. Howard het al voorheen met Bedert gewerk toe sy in 2015 in Suid-Afrika was vir die vlagskip Woordfees-produksie “Sestien Onse”, wat Howard ook vervaardig het.

 

Bedert het haar loopbaan begin deur saam met die groep Rheen in Engels te sing, maar haar deurbraak het as ‘n solo-kunstenaar gekom. Sy tree in teaters, asook in kulturele sentrums in Belgiё en Nederland saam met ‘n begeleidende groep musikante op. Bedert het die Nekka-sangkompetisie saam met Bart Peeters gewen.

 

 

Gloria Bosman het al regoor Suid-Afrika opgetree. Haar charmisma bring enige gehoor op hul voete. Sy het al saam wêreldberoemde kunstenaars opgetree, soos Sibongile Khumalo, Moses Molelekwa en Vusi Mahlasela. Bosman se Musiek, wat dikwels plekke, tye en waardes besoek wat al vergete is, praat met elke individu se siel. Haar passie vir musiek word veral ook deur Afrikaanse gehore geniet. Sy het al by groot gebeurtenisse soos KKNK en Huisgenoot Skouspel ogeptree.

 

Sanger-liedjieskrywer, Hilandi du Toit is reeds bekend vir haar passievolle vertonings en sprankelende interaksie met gehore. Haar oorspronklike musiek, intieme stories en briljante kitaarspel verseker elke gehoor van ‘n tydlose belewenis. Du Toit het onlangs saam met aktrise June van Merch in die Afrikaanse produksie “Gedig my snaar” by die 2017 Woordfees in Stellenbosch opgetree.

 

Matthys Maree dra voltyds al vanaf 1995 by tot die musiekindustrie en in verskeie rolle waaronder vervaardiging, studio produksies en ook as musikant op klavier, klawerbord en akkordeon. Maree is deel van 150-200 vertonings per jaar, het al meer as 150 albums vervaardig en het al op meer as 500 albums as ‘n pianis gespeel. Hy het al saam met verskeie kunstenaars getoer en is ook bekend vir sy Afri-reeks albums wat musikante, kunstenaars en studios in Suid-Afrika, Frankyk, Italiё, Spanje, Switserland en Duistland betrek.

 

Howard noem N P van Wyk Louw se gedig, Grense, omskryf wat van die produksie verwag kan word:

 

My naakte siel wil sonder skrome

In alle eenvoud tot jou gaan,

Soos uit die diepe slaap ons drome,

Soos teen skemerlug die bome

opreik na die bloue maan;

 

Gaan met al sy donker wense,

En die heil’ge, nooit-gehoorde

Dinge sê, waarvoor die mense

Huiwer, en wat om die grense

Flikker van my duister woorde.

__________________________________________________________________________________________

1 April 2017

20:15

R150 per ticket

Bookings at: info@drostdyteater.co.za or 087 943 2459

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle