October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Mathys Roets - Songs of Leonard Cohen

April 19, 2017

“If it be your will that I speak no more, and my voice be still as it was before, I will speak no more.”

In 2016 is die groot musiekgees Leonard Cohen oorlede, maar as Mathys Roets dit kan verhelp, sal sy stem nooit stil word nie. Matthys Maree vergesel Mathys Roets  vir Songs of Leonard Cohen by die Drostdy Teater.

 

“Sy woorde het nie ʼn vervaldatum nie,” sê Mathys. “Sedert ek amper dertig jaar gelede Suzanne die eerste keer gehoor het, het ek net gewéét ek wil sy stories, sy pyn, sing. Cohen was alles behalwe konvensioneel, altyd op soek na antwoorde. In my lewe, het hy my geleer om altyd die antwoord te gaan soek.”

 

Songs of Leonard Cohen is die verwerking van ʼn lewendige vertoning wat oorspronklik as 'n DVD uitgereik is. Die klankkwaliteit is so goed dat die luisteraar teruggeneem word na daardie aand waar Lucas Maree nog vir een magiese oomblik die verhoog met Mathys gedeel het.

 

Die album bestaan uit negentien van Cohen se grootste treffers waaronder Hallelujah (Hoe dan nou anders?), Suzanne, I’m your Man, If it be Your Will en Famous Blue Raincoat.

 

Mathys Roets is een van die min kunstenaars wat Leonard Cohen werklik gestand kan doen. En daar is nie ʼn taalbeperking nie. Afrikaanse en Engelse gehore geniet sy vertolking ewe veel. In Songs of Leonard Cohen word outentieke Cohen gemeng met unieke Mathys – so eenders, maar tog so anders.

 

Hierdie album hoort in elke Mathys Roets- en/of Leonard Cohen-aanhanger se CD-rak. En vir diegene wat nie met een van hierdie kunstenaars vertroud is nie, is Songs of Leonard Cohen ʼn goeie wegspringplek.

 

*  Ook beskikbaar op iTunes.

__________________________________________________________________________________________

17 Mei 2017

20:15

R150 per ticket

Bookings at: info@drostdyteater.co.za or 087 943 2459

 

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle