AfGod


Na ‘n afwesigheid van 9 jaar, maak Jacques Geldenhuys sy terugkeer tot die verhoog met sy solo-produksie – AfGod.

Jacques wat die afgelope 14 jaar onderwyser was het onlangs sy beroep vaarwel geroep om weer voltyds te konsentreer op sy ander passie in die lewe – musiek.

Na sy suksesse met Die Groen Man, Noord en Ek wens ek het Geweet, debuteer hy met AfGod by die Drostdyteater (Stellenbosch) op 25 Julie 2016.

Jacques wat al deur bekende joernaliste soos Kobus Burger en Stephanie Niewoudt as die toekoms van musiekteater genoem is, is baie opgewonde om nuwe stories en oorspronklike liedjies op die gehoor te toets. Hy sal ondersteun word deur die gevoelvolle en talentvolle plaaslike kitaarspeler, Philip Vermeulen.

Oor AfGod sê Jacques dat ons as mense so geneig is, eerder deur die samelewing geforseer is, om te glo dat afgodery gepaard gaan met beeldjies, wierook en monotone klanke. Ons steek egter elke dag ons klein afgode, wat ons met die hand grootmaak, onder die mat weg as die dominees kom huisbesoek aflê. Ek probeer tong-in-die-kies met hierdie idees handel in hierdie vertoning.

Kom maak gerus ‘n draai op Maandag 25 Julie om saam op hierdie reis te gaan.

__________________________________________________________________________________________

25 Julie

20:15

R100 per kaartjie

Bespreek by: info@drostdyteater.co.za of 087 943 2459

#Stellenbosch #Jacques #AfGod #soloproduksie #musiekteater #afgodery

Gewilde Plasings
Onlangse Plasings

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za