October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Engela van Tonder-Strydom kry haar 'groove' terug...in Stellenbosch

May 2, 2016

In Engela van Tonder-Strydom se kop is sy en Manie gelukkig getroud. Wel, daai getroud wat

na ‘n tyd: net bietjie kleur verloor, meer gewoonte as passie is en waarin mens te veel gesels oor die kinders en die werk eerder as oor die verhouding. Maar steeds, Engela is gelukkig.

 

 

Totdat Manie van sy besigheidstrippie terugkeer en hy sy tas ín- en nie úítpak nie... en voordat Engela weet wat haar tref, hardloop hy tas en al met die trappe af, uit by die voordeur en uit Engela se lewe.

 

Dis eers later wat sy hoor van Rosa, die jong kaktusbloeiseltjie wat Manie in Argentinië ontmoet het. Op sy besigheidstrippie. 

 

En dinge verander.

 

Maar Engela is nog lank nie reg om op te gee nie, sy’s immers nou eers 39. Plus BTW. En

invoerbelasting.

 

Geraldine Aron se "My brilliant divorce" is sedert 2001 al met groot sukses regoor die wêreld

opgevoer, onder andere deur Britse komedie legende Dawn French. En nou is dit die eerste keer

in Suid Afrika, en in Afrikaans.

 

Die regte mens om vir Engela vlees te maak, is ongetwyfeld Anthea Thompson, wat onder

andere al ‘n Aardklop Beste Aktrise-toekenning (vir Mooi Maria), drie Vita-Toekennings en vier

Fleur du Cap-toekennings verower het. 

 

Mens dink onwillekeurig terug aan haar kragtige werk in produksies soos "Green Man Flashing", "Cabaret", "Evita" en "Mamma Medea". In My Briljante Egskeiding wissel Engela se reaksies van skreeusnaakse uitbarstings tot by roerende oomblikke, en Anthea speel hierdie emosies soos note in ‘n simfonie.

 

Hennie van Greunen is die man agter die suksesvolle eenpersoon-legendes: Lyf, Shirley Valentyn en Die Naaimasjien.

 

"Ek glo elke mens se lewe is soos ‘n epiese gedig," sê van Greunen, "en hier het ons die epiese gedig van die gewon(d)e vrou se lewe. Engela het onmiddelik met my gepraat, soos Shirley en Magdaleen voor haar"

 

My Briljante Egskeiding het vroeër in Maart by die US Woordfees geopen waar dit soms minute

langer gespeel het omdat die gehoor so baie gelag het.

 

Resensent Marina Griebenow verwys na die produksie as "Anthea en Hennie se briljante huwelik". Wat haar ook getref het was dat, "...hoewel dit mag klink of dit hoofsaaklik op vroue gemik is, was dit opmerklik met die openingsaand hier dat die mans in die gehoor met net soveel oorgawe in Engela se ervarings gedeel het."

 

Daarna het die produksie net vir staande ovasies by die KKNK gespeel, waar Anthea genomineer is vir ‘n Kanna-toekenning vir haar briljante spel. Die produksie het ook ‘n uitverkoopte speelvak by Die Boer in Durbanville geniet (waar dit ‘n ekstatiese vier-ster resensie van Die Burger gekry het) en sal eersdaags in Port Elizabeth, Bloemfontein, Nelspruit. Potchefstroom en Pretoria te sien wees.

 

My Briljante Egskeiding maak 'n terugkeur na, waar alles begin het: Stellenbosch. Die produksie speel by die Drostdy-teater vir slegs drie aande: 1-3 Junie. 

___________________________________________________________________________

1-3 Junie

19:30

R120 per kaartjie

Bespreek by: info@drostdyteater.co.za of 087 943 2459

 

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle