October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Chommiez by die Drostdy Teater

November 20, 2015

 

Die bekende drama geselskap Chommiez is terug op die verhoog met ‘n splinternuwe produksie met die naam “Krimis Crisis 2”.  Hierdie groep is welbekend vir hulle komiese, tog opvoedkundige, dramatisering van alle daagse “issues” waarmee elke een hom mee kan vereenselwig.  Hilton Andries en Leatitia Solomons-Manuel, die 2 stigters van Chommiez, is ook die skrywers en hoof-akteurs van al hulle produksies, wat ook by baie feeste onder andere Woordfees, Kalfiefees, Logan Toneelfees en Zabalaza fees (Baxter Teater) opgevoer was.  Krismis Crisis 2 handel oor die lief en leed van die Thys familie en hoe omstandighede, buite hulle beheer, hulle weerhou om ‘n vreedsame en liefdevolle fees seisoen in te gaan.  Hierdie familie (ingesluit die 2 skoonma’s) het al vele verskille en geskille gehad.  Die produksie is ‘n mini-musiekspel geskryf in Afrikaaps en beloof om die gehoor te vermaak, maar ook met ‘n opvoedkundige boodskap huistoe te stuur.  So bring maar julle sneesdoekies, nie net vir huil nie, maar ook om die lagtrane af te vee. 

 

___________________________________________________________________________

15 & 16 Desember 2015

19:00

R100 per kaartjie

Bespreek by: info@drostdyteater.co.za of 071 931 9954 of 082 04 656 10

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle