October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

André Schwartz in 'n Volkleur Lewe

November 10, 2015

 

Wanneer die klanke van André se encore lied wegsterf, sit die gehoor vir ‘n paar oomblike tjoepstil, te bang om te beweeg en sodoende die emosie van die “oomblik” te versteur voor hulle opspring en losbars met ‘n luide toejuiging en handeklap. Daar is niks alledaags, gewoon of stereotiep wanneer Andre op ‘n verhoog staan nie.

 

André, wat na ‘n paar jaar se suksesvolle hoofrol optredes in musiekblyspele (Phantom of the opera en Sound of Music) tydelik “uitgetree” het om al sy aandag aan sy bemarkingsbesigheid te wy, is op versoek van sy aanhangers terug op S.A. se verhoë en toer die land vol met sy produksie Sirkels en Kleure van my lewe.  Tydens dié ongeveer 90 minute lange vertoning deel hy vir die eerste keer grepe en ware gebeurtenisse uit sy lewe, wat om die beurt emosies van skaterlag en intense hartseer by sy gehore laat ontstaan.

 

Hy kuier met sy gehoor wanneer hy vertel van sy kinderjare, ontmoetings met wêreldbekendes en veel meer! André verstom met ou bekende liede soos Ek wil jou nooit weer sien , wat ‘n nostalgiese glimlag op heelwat gesigte bring en steel opnuut harte wanneer hy agter die klavier inskuif vir die akoestiese deel van sy vertoning.  Sy eie weergawe van ‘n Jacques Brell liedjie bewys net weer waarom hy  as een van ons land se veelsydigste kunstenaars beskryf word en sy vertolking van een van sy nuutste liedjies  (wat slegs op ‘n toer album beskikbaar is) bevestig sy gewildheid onder ‘n wye ouderdomsgroep, voeg daarby sy ongelooflike sielvolle vertolking van Music of the  Night (uit Phantom of the Opera) en jy weet, geen woorde kan werklik gestalte gee aan wat jy hier ervaar nie en dat ‘hierdie vertoning jou altyd  sal bybly! 

 

Vra jy waarmee hy hom nog deesdae besig hou, vertel hy opgewonde van sy eie platemaatskappy Gmmmf wat pas gestig is en die nuwe CD waarmee hy besig is! Hy is ook geesdriftig opgewonde oor die werk van die twee NPO’s, een vir mishandelde en gestremde kinders  en die ander by Animals in Distress, vir onversorgde diere, waarby hy betrokke is.

 

Die man ken gewis nie ‘n oomblik van stilsit nie … hy gebruik elke oomblik aan hom geskenk om volstoom te lewe …..  om en om in sirkels vol helder spatsels van rooi ,geel en blou kleur!!! André Schwartz leef sy lied “Lief vir alles hier” ten volle en dit is duidelik dat SA nog ‘n hele aantal kleurvolle sirkels van hierdie dinamiese kunstenaar gaan beleef!

 

https://www.youtube.com/watch?v=xfV88epo23g

https://www.youtube.com/watch?v=vqikXW87gVg

 

___________________________________________________________________________

18 November 2015

20:15

R120 per kaartjie

Bespreek by: info@drostdyteater.co.za of 071 931 9954

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle