October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Jannie du Toit: Die eggo van jou oë

November 2, 2015

 

Jannie toer in Desember deur die Kaap met ’n splinternuwe program, Die eggo van jou oë.  Hierdie program is gebaseer op Jannie se nuwe cd Die eggo van jou oë

wat in Julie vrygestel is en waarop 25 van sy mooiste opnames deur die jare opgeneem is – daardie liedjies waarvoor mense steeds bly vra by konserte.  Aangesien die toer in Desember plaasvind, kan ’n aantal geestelike en/of Kersliedere ook by die program ingesluit word.  Waar organiseerders so verkies, kan daar ’n suiwer geestelike/Kersprogram ook aangebied word.

 

44 jaar op die pad van Afrikaanse musiek het tientalle opnames opgelewer wat sorg dat Jannie se stem steeds landswyd op radiostasies gehoor word.   Die jongste gunsteling is Gisela de Villiers se aangrypende Die eggo van jou oë, wat as titelsnit vir die versamelalbum gekies is. Terwyl sy eie komposisie, ’n Liedjie vir jou, sedert 1980 gehoor kan word op radiostasies wat Afrikaanse musiek speel, is daar deur die jare talle ander opnames gemaak waaraan hy ook onthou word: onder andere Madeleine, Gee ons vrede, Eenvoud, Koos du Plessis se Somerkersfees en Pie Jesu saam met Coenie de Villiers en Chris Chameleon ’n paar jaar gelede.  Die nuwe cd sowel as die konsert lê klem op die liedjies wat deur die jare speellyste gehaal het, maar daar is ook ’n paar van Jannie se eie gunstelinge wat dikwels vir fynproewers die naaste aan die hart lê. Daaronder telEk wil vir jou, Leeuspruit, Achter de Horizon, Ik zou wel eens willen weten asook Afdraaipad – laasgenoemde ’n liedjie wat hy saam met Christa Steyn geskryf en opgeneem het.

 

Gerhard Niemand (klavier en akkordeon):

Gerhard en Jannie se paaie het in die vroeë tagtigerjare by die Ad Libitumkoor in Pretoria gekruis. Gerhard, wat ’n doktorsgraad in Chemie het, is ook ’n goed opgeleide musikus wat as sanger, verwerker, pianis en begeleier jare lank reeds die wêreld saam met Johan de Villiers en sy Libertaskoor deurkruis. Reeds in 1986 het Gerhard verwerkings gedoen vir Jannie se album Drie-uur in die môre.  Gerhard woon in die Paarl en is besturende direkteur van ’n chemiese maatskappy wat onder andere konsentreer op die eienskappe van boegoe vir aanwending in die voedselbedryf

 

Susan Mouton (tjello):

Susan is reeds vir etlike jare die hoof tjellis van die Johannesburg Filharmoniese orkes en sy vorm deurentyd deel van ensembles vir ’n verskeidenheid geleenthede.  Sy het reeds sedert die tagtigerjare saam met Jannie en Christa in ateljees opnames gemaak en tree sedert 2011 saam met Jannie op as tjellis in sy programme

 

_______________________________________________________________________________________

7 Desember 2015

20:15

R120 per kaartjie

Bespreek by: info@drostdyteater.co.za of 071 931 9954

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle