October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Afrikaans: Herlaai

Hulle is jonk, energiek en trots Afrikaans! Die viertal - Carlyn Margo Fransman, Dehan von Solms, Eunice Kemp en Whaden Johannes - is gereed om van die mooiste liedjies in Afrikaans aan ‘n nuwe generasie Afrikaanse jongmense bekend te stel met hul debuutalbum Afrikaans Herlaai.

 

Tydlose gunstelingse soos Sproetjies, Ek verlang na jou, Kinders van die wind, Lisa se klavier, Ek loop die pad, Die gang, Droomvrou en Ek wil jou ken word in uiteenlopende genres – van pop-, rock- en dansritmes tot middelmoot, folk en Ierse klanke – vernuwe.

 

 

Dit is die resultaat van ‘n sosiale mediasoektog na splinternuwe talent deur die musikant, verwerker, regisseur en vervaardiger Douw Steyn. “Die jeug ken nie die gehaltetreffers van gister wat tot die ontwikkeling en verskeidenheid van Afrikaanse musiek bygedra het nie.,” sê hy. “Hedendaagse Afrikaanse musiek bestaan meestal uit kitsreseppies met min blywende waarde. Op hierdie album het ons in die ryk skatkis van liedjies gedelf waar die klem op musiek én liriek val. Die verwerkings en vertolkings is byderwets en sal nie net by jong luisteraars aanklank vind nie, maar sal mense wat die treffers ken, met hernieude belangstelling na die liedjies van ondere andere Gé Korsten, Johannes Kerkorrel, Koos Kombuis, Lucas Maree, Anneli van Rooyen en Amanda Strydom laat luister.”

 

Die vier talentvolle nuwelinge is uit oor die 200 demo-opnames gekies. Douw het daaruit ‘n Top 30 saamgestel en die hoopvolles vir ‘n ateljee-oudisie genooi. Hy het, in samewerking met die kunstenaarbemarker Lydia Winchester en die multi-bekroonde musiekvervaardiger Boet Pretorius, die vier belowendste nuwelinge gekies. “Elkeen het ‘n unieke talent en aanslag en ons was dit almal eens, hulle is die gesig en klank van Afrikaans Herlaai.

 

Die liedjies hierop is: Liedjie vir jou (Jannie du Toit), Ek verlang na jou (Sonja Herholdt), Ek wil jou ken (Anneli van Rooyen), Lisa se klavier (Koos Kombuis), Kinders van die wind (Koos du Plessis), Dis nog net jy (Johannes Kerkorrel), Die gang (Laurika Rauch), Liefling (Gé Korsten) Ek, jy en ons twee (Anton Goosen), Sproetjies (Sias Reinecke), Droomvrou (Lucas Maree), Ek loop die pad (Amanda Strydom) en Hier's my hand (Christa Steyn).

 

Dié liedjies is verwerk vir klavier (Carli Spies en Raymond Verster), kitare (Joshua Oosthuizen en Douw Steyn), baskitare (Denny Lalouette en Jan Wolmarans), tromme (Vinnie Henrico en Theuns Botha), perkussie (David Klassen) en selfs die banjo (Ricus Nel), viool (Herman Steyn) en tjello (Susan Mouton). Douw en sy produksiespan het die album in Bangkok en Zurich gemeng om die beste klankgehalte te verseker. Die album word onder die onafhanklike plate-etiket Son Records uitgereik. Douw en sy ma, die geliefde en gevierde musikant, Christa Steyn, se ateljee was as Studio of Note bekend. Hy het dit as huldeblyk ná haar afsterwe na “son” (wat op seun sinspeel) verander.

 

“Dié album dui ook op ‘n geesdriftige herlewing,” sê Douw. Geniet die vernuwende opwinding van gehalte-musiek en onvergeetlike treffers deur die vaardigste liedjieskrywers op Afrikaans Herlaai!

 

_______________________________________________________________________________________

 

3 September 2015

20h15

Kaartjies: R120 elk 

Bespreek by: info@drostdyteater.co.za of 071 931 9954

 

 

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle