October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Kaleidoskoop

June 23, 2015

Kaleidoskoop is ‘n Afrikaanse musiekgroep wat hul musiek uit ’n positiewe, dog realistiese oogpunt komponeer....’n broodnodige boodskap van hoop. Met kleurryke harmonieë en skerp akoestiese instrumente neem Kaleidoskoop ’n hele spektrum van musiekvorme aan.

 

Kaleidoskoop laat jou deur hul selfgeskrewe Afrikaanse musiek - asook Engelse “covers”-  anders na die kleure van die lewe, liefde en menswees kyk...kom kyk saam met hulle deur die Kaleidoskoop!

 

 

In ‘n Kaleidoskoop-vertoning kan jy verwag om omring te word met ‘n magiese atmosfeer vol liggies en vlaggies. Op hul beurt sal jou ore bederf word met die akoestiese klanke van kitaar,klavier, mandolien, ukuleles, trekklavier, perkussie, glockenspiel en ander instrumente asook die strelende harmoniee van hul stemme.

 

Oor die lede:

 

Jouba Jordaan

Stigterslid, liedjieskrywer (musiek en liriek), kitaar, stem, perkussie, mondfluitjie, ukulele.

 

By die Universiteit van Stellenbosch, waar hy BSc Wingerd en Wynkunde studeer het, sien hy in die koshuis vir die eerste keer (in lewende lywe) mense wat kitaar speel. Wat 'n openbaring! Einde eerste jaar gaan werk hy op ‘n skie-oord in Oregon, VSA en koop vir hom ‘n kitaar met sy spaargeldjie. Nadat hy in sy derde jaar op Stellenbosch sy rugby stewels ophang, veruil hy dit vir ‘n meer kulturele sool en begin meer in die onbekende, dog mooi musiekwoud te wandel. 

 

Na Jouba vir ‘n wyle onder meisiekoshuise se vensters saam met 3 vriende in die sang-groep 4 Oaks gesing het, besluit hy en een van die lede om egter  hul passie vir musiek verder uit te leef deur in Augustus 2006 Kaleidoskoop te begin en hul eerste album Bladwisselend in 2007 vry te stel. Sederdien is Kaleidoskoop opsy geskuif om studie-skuld af te betaal en  maak Jouba in 2008 vir ‘n jaar wyn in Australië…

 

Anique Jordaan

Stem, keyboard, trekklavier

 

Op 11 het Anique al haar ballet klasse verruil vir sanglesse. (Wyse keuse aangesien ‘n leotard nie vereis word vir sing nie.) Daarby neem sy ook klavierlesse vir 11 jaar en slaag die UNISA gr.7 eksmen. Na skool sing sy 3 jaar vir Stellenbosch universiteitskoor terwyl sy BSc Menslike Lewenswetenskappe studeer en vervul ook die rol van  serleier vir haar koshuis Metanoia wat in 2007 die nasionale sêr kompetisie wen. Anique het bevordering gekry van “fan” en gaskunstenaar vir Kaleidoskoop in 2007 tot bandlid in 2009. Sy sing en volg nou voltyds van 2010 af haar droom en passie deur Kaleidoskoop.

 

Jason Ferreira

Sessie-musikant

 

Jason,  oorspronklik van Port Elizabeth, word in 2014 genader as permanente sessie-musiekant om Kaleidoskoop se musiek te help inkleur met sy stem en vele snaar- en perkussie-instrumente. Hy het gematrikuleer aan Grey High School in PE waarna hy in Australië by Hillsong kerk “worship and creative arts” studeer het vir ‘n jaar. Toe hy terugkeer na Suid-Afrika het hy verder BMus aan NMMU studeer met musiektegnologie as hoofvak. In 2012 verhuis hy na Pretoria waar hy jaar as lofprys-en-aanbiddings-leier gewerk het. Dis dan ook hier waar hy Kaleidoskoop ontmoet en begin betrokke raak het in die musiek-reis saam met Jouba en Anique. Jason is ‘n kranige branderplankryer en is ook baie lief vir die koffie-bedryf en hou homself daarmee besig tussen al die Kaleidoskoop-vertonings.

 

Oor hul albums en toekennings:

 

Kaleidoskoop se eerste album "Platsak" (2010) laat  jou met nuwe oe na die lewe, liefde en menswees kyk. Met snitte soos. "Moedersmelk" en "Jou hart in my" is hierdie een perfek vir daardie rooiwyn- en kaggelvuur-aande.  

 

Met 'n Tempo-nominasie vir beste Nuweling asook die toekenning vir Beste Kontemporêre album en  Ghoema nominasies op die kerfstok is "Vars Uitgekerf" (2012) beslis een vir jou versameling. Hul bekroonde "cover" van Zombie asook 'n rits eie komposisies o.a. "Dagdroom Sindroom " en "Genadereen" streel siele van oud en jonk.

 

Omdat aanhangers by hul vertonings ook die liedjies wat nie uit hul eie pen kom op CD wou he, het Kaleidoskoop besluit om ook hierdie liedjies op te neem, maar met 'n vars verskil. "Acoustic covers" - Kaleidoskoop se nuutste DVD/CD-paket sluit in liedjies deur bekende, wereld-klas musikante soos Michael Jackson, Paul Simon, The Cranberries en ABBA.

 

 

Elke snit is verwerk tot 'n akoestiese weergawe van die oorspronklike "saamsing-treffer". "Acoustic covers" is propvol interessante instrumente soos: trekklavier, wurlitzer, ukulele, glockenspiel, 12-snaar kitaar, kontrabas asook tjello en viole. Die unieke duet-sangstyl van Jouba en Anique verseker 'n vars Kaleidoskopiese weergawe van ou gunstelinge. Opgeneem in ‘n ateljee wat die twee self ge-“renovate” het met hout en dekor in hul eie styl, skep Kaleidoskoop met “Acoustic Covers” weereens ‘n magiese atmosfeer vir die luisteraar en hierdie keer ook vir die kyker. Hul Ghoema-genomineerde video “Roadtrip” is ook ingesluit op die DVD.

 

_________________________________________________________________________________________

 

30 Julie 2015

20h15

Kaartjies: R120 elk 

Bespreek by: info@drostdyteater.co.za of 071 931 9954

 

 

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle