October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Robbie Wessels - Als Wat Ek Het

June 22, 2015

 

Robbie is `n kunstenaar eie in sy soort. Hy kan jou laat lê van die lag, maar hy kan jou ook diep laat dink. `n Grapjas is hy beslis, maar dis ook daardie ander sielvolle kant wat hom oor die jare `n groot gunsteling onder Afrikaanse musiekaanhangers gemaak het.

 

 

Oorspronklik, humoristies, diep. Dit is die drie woorde waarmee Robbie Wessels se liedjies beskryf kan word. Hy het deur die jare gewys dat hy al die kante van die lewe kan beskryf en met sy nuwe album, Als Wat Ek Het, is dit ook nie ander nie.

 

Ek het weer al die liedjies geskryf, en ja, daar is weer komiese liedjies, maar ook weer ernstige liedjies. Met die komiese liedjies is daar egter hierdie keer meer liedjies wat ek geskryf het na aanleiding van stories wat ek gehoor het, veral stories uit die Bosveld,” sê die talentvolle sanger en liedjieskrywer.

 

 

Daar is van die ballades wat rustig is, ander het weer ‘n opbeurende tempo. “Ek het oor die liefde gskryf en daar is ook liedjies met ‘n geestelike boodskap. Hierdie album en al sy liedjies is waarhede wat ek die laaste twee jaar van my lewe teegekom het.”                                              

 

Het hy vroeë gunstelinge op die album?

 

Ja, ek hou van ‘Iets Bekends’ en daar is ‘n lawwe rugby-liedjie, ‘All Blacks teen die All Blacks’, wat ek baie nuuskierig is om te sien hoe mense dit gaan ervaar,” sê hy.

 

Wessels beplan om met die album tot die einde van die jaar te toer.

 

Ek is baie opgewonde oor die nuwe album. Dis ‘n feel good CD, een om te speel en terug te sit en te ontspan. Die liedjies het ‘n lekker energie en ek glo dit sal mense se gemoed lig.”

 

_________________________________________________________________________________________

 

19 Julie 2015

20h15

Kaartjies: R120 elk 

Bespreek by: info@drostdyteater.co.za of 071 931 9954

 

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle