October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Amanda bring Die Hele Boksemdaais Stellenbosch toe.

Michelle van der Spuy van Eikestadnuus het Amanda Strydom so bietjie uitgevra oor haar loopbaan en haar nuutste produksie 'Die Hele Boksemdaais' wat 6 Junie by ons op die planke is.

 

Wat is die geheime bestanddeel vir ‘n volhoubare loopbaan in die vermaakbedryf?

 

Die geheim is om onwrikbaar in jouself te glo en om aan te hou met die talent wat jy ontvang het. Jou prioriteite moet reg wees. Soos mens ouer word, en hoe minder jy word, hoe groter word jou talent. As die ego nie meer in die pad is nie, is dit makliker om voort te gaan en aan te hou.

 

 

Watter aspek van ‘n kunstenaar wees is vir jou die genotvolste?

 

Om lewend op te tree. Dit is darem maar lekker om iets te skryf en om die reaksie van die gehoor te ervaar. Ek kan dit nie alleen doen nie. Die aanvoeling en meelewing, wat deel is van so 'n liefdesverhouding tussen kunstenaar en gehoor, is ontsettend belangrik. Hoe ouer ek word, hoe lekkerder en meer spontaan word dit. Dinge wat vroeër belangrik was, is nie nou meer belangrik nie.  Ek geniet dit om mense voluit te vermaak en om mense romdom my ligter te maak. 

 

Hoe gaan jy te werk om ‘n vertoning te vervaardig wat ‘n verbintenis met die gehoor verseker?

 

My vertonings het meestal te doen met waaroor ek skryf. Ek skryf oor menslike dinge en ek skryf ook oor die spirituele. Dit is wat gehore van my ken, om 'n boodskap oor te dra met 'n goeie skeut humor en om te vermaak, nie te preek nie. Ek gaan baie fyn te werk met wat ek kies om te sing. Elke vertoning het 'n begin, middel en einde, soos 'n boek. Dit val dan alles mooi in plek saam met Janine wanneer ons alles kombineer. Die dialoog en die musiek vorm uiteindelik 'n geheel.

 

Janine Neethling deel al die afgelope 17 jaar die verhoog met jou. Hoekom dink jy werk julle so goed saam?

 

Ek en Janine het 'n kosbare verhouding. Ons voel mekaar aan en het, op die dag toe ons ontmoet het, net gekliek. Ons het in 1998 begin saamwerk. Voor dit het Janine meestel op Engelse musiek gefokus en kunstenaars soos Danielle Pascal begelei. Toe ek en Janine mekaar ontmoet, leer ken sy Afrikaanse musiek en ook vir my. Sy het 'n sensitiewe aanvoeling vir my werk. Janine weet hoe ek werk en hoe ek skryf. Dit bind ons soos 'n naalstring. Die gul ontvangs wat ons van die Nederlanders ontvang het was vir ons 'n bevestiging dat ons op die regte spoor is. Ons verstaan mekaar en ons bly deur die jare, deur dik en dun, bymekaar.

 

Wat kan die gehoor by Saterdag, 6 Junie, se vertoning verwag?

 

Presies wat die titel van die vertoning sê: "Die Hele Boksemdaais". 'n Opsomming van my lewe en loopbaan, wat skinder, wonder, liedjies, vertellings en komedie insluit. Ek sing ook in Frans en Vlaams en wys 'n wye omvang van emosies, van histerie tot knop-in-die-keel...

 

_________________________________________________________________________________________

 

6 Junie 2015

20h15

Kaartjies: R120 

Bespreek by: info@drostdyteater.co.za of 071 931 9954

_________________________________________________________________________________________

 

Michelle van der Spuy skryf vir die Eikestadnuus. 

 

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle