October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Ek Reis na Gister: Jak De Priester

June 1, 2015

Jak de Priester stel in 2015 sy agtste oorspronklike, Afrikaanse album vry getiteld ‘Ek reis na gister’. Sewentien splinternuwe liedjies uit die pen van die man met treffers oor die jare soos ‘Sally Williams Nougat’, ‘Binnelanders’, ‘Groen Mamba’, ‘Roer jou voet’ en ‘Die liefde los ‘n spoor’.

 

 

Na dertien jaar in die bedryf, agt albums, ‘n kinder album en  -dvd in samewerking met die animasie kunstenaar Diek Grobler, ‘n digbundel, ‘n koffie-tafel boek en aanbieder van die gewilde televisie reeks Reis na Gister, is Jak de Priester steeds entoesiasties oor sy loopbaan en sy bydrae tot die Afrikaanse taal.

 

Hierdie album noem hy ‘Ek reis na gister’  na aanleiding van die inspirerende ondervindinge met legendariese persoonlikhede saam met wie hy die drie reekse van Reis na Gister geskiet het en eersdaags aan die vierde reeks begin werk.  Die man wat hom geinspireer het tot die skryf van die nuwe temalied was die skrywer Leon van Nierop.


                  “…ek reis na gister om my drome te gaan soek, wat ek gedroom het langs die pad en geskryf het in my boek. En ek staan weer voor my kamer, daar is niks meer van dit oor en ek hoor my ma se stem is dit die angels wat ek hoor? …”

 

Die nuwe album (en konsert) raak interessante temas aan oor die lewe in Suid-Afrika . ‘n Hoogtepunt op die album is die duet saam met die legendariese Laurika Rauch, getiteld ‘Lullaby vir Suid-Afrika’. In die sewentied liedjies is daar van ‘n komiese blik op die sekuriteitskomplekse waarin meeste jongmense vandag veilig probeer woon, ‘Kompleksdrama’ is die titel van die liedjie tot oor ‘n gesinslewe met ‘n ma wat sukkel met menopause in die liedjie ‘My pappa ry ‘n Chevrolet’.  Jak de Priester maak sy hart oop oor ‘n pa-seun verhouding  in die liedjie ‘Bloed en vlees’ wat hy vir sy pa geskryf het en die lied ‘Gister nog 4’ waar hy sy verhouding met sy eie seun koester.

 

Die album het verskeie komiese elemente in byvoorbeeld die liedjie wat hy vir enige moontlike seun geskryf het wat eendag vir sy (nou 3-jarige) dogter wil kom kersopsit in die liedjie ‘Ek sny dit af’ maar die album (en konsert) het ook sy diep, ernsige  oomblikke met liedjies soos ‘My lewe hier op aarde’, ‘Lief en leed’ en ‘Tot die dood ons skei’(sy eerste samewerk poging met Ewald Coleske en ook ‘n hoogtepunt op die album). Hierdie agtste oorspronklike album is die bewys van Jak de Priester se groei in sy kuns en ook as mens en hy toer in 2015 met die album.

 

_________________________________________________________________________________________

 

17 Junie 2015

20h15

Kaartjies: R120 elk (R90 vir studente)

Bespreek by: info@drostdyteater.co.za of 071 931 9954

 

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle