October 4, 2017

Please reload

Onlangse Plasings

Doep is Nie Dood Nie

March 25, 2015

1/1
Please reload

Gewilde Plasings

Tamboerynman: Koos van der Merwe Sing Bob Dylan

May 19, 2015

Musikale verwerkings deur Matthys Maree

Raadgewende Regie deur Sandra Prinsloo

 

Meesterlik. Magies. Betowerend. So reageer musiek-kenners en taalkundiges op die poëtiese Afrikaanse herskeppings van tydlose Bob Dylan treffers soos Mr. Tambourine Man, Blowing In The Wind, Make You Feel My Love en The Times They Are A Changin’. 

 

 

“Dis soos om 'n ou emosie nuut te voel, maar nader, omdat jou eie taal anders en dieper met jou praat. Ek sou dit nooit kon dink nie,”  is een verraste Dylan aanhanger se kommentaar.

 

Matthys Maree, bekend vir Afri-Frans, wat ook Leonard Cohen in Afri-Kaans behartig het, het die musikale produksie gedoen, en reken dat daar groot dinge in die ateljee gebeur het. Die produksie is vol en warm, sielvol en meesleurend, en is volgens hom beslis een van die hoogtepunte van sy loopbaan. 

 

Sandra Prinsloo, veteraan en kenner van wat op 'n verhoog moet gebeur, se fyn aanvoeling is ook duidelik te bespeur in hoe hierdie produksie jou boei. Poësie, vertellinge, skerpsinnige kommentaar, humor – alles wat jy van 'n Koos van der Merwe vertoning kan verwag, maar nou gekombineer met Sandra se kennershand. En natuurlik, die liedjies van 'n genie.

 

Maak gereed om betower te word…

 

…help my deur die rook verdwyn deur newels van die gees

deur tye lank vergeet, verby blare ysig koud

bome van verskrikte hout, verwaaide strande sout

ver van die wrede klou van gekke smarte

in die sterrelig wil ek kan dans met een hand wat vry kan waai

'n silhoeet daar in die baai, deur die sirkus-sand omring

met my lot en my geheue deur die golwe weggevee

ja, laat my van vandag vergeet tot môre

 

hei! meneer die tamboerynman speel 'n lied vir my…

 

_________________________________________________________________________________________

 

11 Junie 2015

20h15

Kaartjies: R120 elk

Bespreek by: info@drostdyteater.co.za of 071 931 9954

 

 

 

Please reload

DROSTDY THEATRE

Cnr Alexander St & Bird St, Stellenbosch

T: 079 699 5091

E: ane@drostdyteater.co.za

 

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Twitter - White Circle